Vrydagaand was een van daardie aande wat 'n mens nie ligweg sal vergeet nie. Nog 'n bietjie wankelrig, maar ek glo met tyd sal ons dit vervolmaak.
Natalie het weer haar "gewigtige" klankstelsel gebring, alles opgestel en die grootste gedeelte van die aand gesorg dat daar aan almal se musiekbehoeftes voldoen word.
Natalie, jy is 'n ou doring en ek en Hannes waardeer jou moeite uit ons harte uit. Baie dankie. Sonder jou inset sou dit nie dieselfde gewees het nie.
Ons het 'n wye verskydenheid gaste gehad, tot 'n klein-klein mannetjie wat nie sy bewondering vir die kitare kon demp nie.
Ons was Vrydagaand so bevoorreg om deur die Visser mans, Pa Johann en en twee seuns, Jacques
en Jaun, vergas te word. Hou maar hierdie twee seuns dop hoor, hulle gaan dit nog ver bring. Twee seuns om op trots te wees! 'n Ouerpaar waarop die seuns ook trots kan wees. Dit moet wonderlik wees om soveel liefde en aandag aan twee seuns te gee met sulke pragtige resultate. Johann self sing 'n bars hou!
Anthony en Timothy het ons vasgenael gehad met hul bydraes en Chrisman (verskoon as ek sy naam verkeerd spel) met sy "hung" en kitaar begeleiding was 'n treffer.
Hiermee wil ek net graag almal wat teenwoordig was hartlik bedank vir hul bydraes om 'n onvergeetlike aand te maak.
Ons maak weer so!
Ek het julle ander wat so ver woon gemis hoor. Wens julle kon ook hier wees.