• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

God se gesels

Started by Jeannedarc, June 09, 2011, 01:27:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Paddakore in die nag
Kriekies kriek, honde blaf
Alles klanke o so irriterend as ons slaap
En ook God se manier
Om te sê slaap rustig my kinders


Koer koer sê die duif
Vleiloeries wu wu wu, kwêvoëls kwê
Mevrou houtkapper se getimmer
En die hadida se kreet van vrees
God sê goeie more, lekker geslaap


Of die reën saggies neerdaal
Of woeste storm is
Weet ons God ook hartseer is
Trane stort van blydskap, verdriet
Net soos ons, sy kinders


Sagte skakerings pienk en pers
En vlieswolkies teen die westerkim
Vaderson knipoog 'n laaste maal
Om die aandster te begroet
God sê: goeienag my kinders – lekker slaap

adele

'n dagreis-lange gedig, pragtige vertellings van God se gesels met ons deur Sy skeppingslewens.

:grommit:

adéle  :grommit:

PM

Jip!  Daar steek ek toe vas by die "vleiloeries wu wu wu" en ek hoooor hoe hulle roep!  Baie mooi!
Om te weet is om te verstaan.