Author Topic: braai na duik  (Read 9646 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
braai na duik
« on: July 14, 2011, 07:50:29 PM »
iewers in die duik seisoen het ek besluit ek wil i slag braai na die duik

en dis die resultaat gewees

ons was net 3, ek en peet en Gerrit

en tussen ons 3 het ons net 1 steak gehad

maak sampioene sous



ons het rooiwyn ook gedrink
vir julle wat van rugby hou sal dalk al opgelet het dat frist cape borg die leeus se wyn op hulle toer.
first cape gaan ook die komende naweek hulle bekendstelling van hulle wyne in SA hê. ek gaan more na die dinee saam met die britse leeu span, waar dit gedoen gaan word.



die wyn was so lekker dat selfs die ouens kom kyk het wat aangaan



net 1 steak, wonder wie gaan eet en wie gaan kyk, moet nog looitjies trek





omdraaityd



lekker waterbek




steak is reg



vaak na ete




ek wag vir die vraag hoekom nie op hout kole gebraai nie.

die dag is te kort
ek ry 6 uur na peet toe, kom daar so 1/2 9, dan eet ons krummelpap en ry see toe kom 1/2 10 by die see. stap 45 minute na die duikwater toe, trek aan en dit vat 15 minute

duik 2 ure

kom uit en sit en bak warm in die son, hou nabetragting, trek klere aan en stap terug. dan sit die son al ver verby middel en dan is ek so vrek honger kan nie nog wag ook vir die vuur om klaar te brand nie.

kole op see sand is ook gevaarlik, dalk trap iemand daarin
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: braai na duik
« Reply #1 on: July 19, 2011, 02:56:14 PM »
Ek sal een van die krewe vat dankie!   :evil6:  Rooiwyn gaan mos met alles! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: braai na duik
« Reply #2 on: July 19, 2011, 11:57:03 PM »
  :nono: Maatjies deel  :bootyshake: skuif op 'sebliefie.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braai na duik
« Reply #3 on: July 20, 2011, 04:57:42 AM »
e stem saam dat rooiwyn gaan saam met als. sommige wyn snobs sê wit wyn saam met seekos en hoender en rooiwyn saam met vleis, ek stem nie saam nie, hulle kan mos nie met my mond proe en vir my vertel wat vir my lekker moet wees nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: braai na duik
« Reply #4 on: July 20, 2011, 05:19:44 AM »
Stoffeltjie moet nie die kaas vergeet nie!! Vir my en Outop is dit altyd verrassend hoe verskillende kase die nasmaak van die voggie in jou glas beinvloed  :coffee2: amper soos koffie met room i.p.v melk  :icon_biggrin:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: braai na duik
« Reply #5 on: July 20, 2011, 05:42:34 AM »
Rooiwyn gaan saam met knettervuur in die kaggel ook. Al wat jy dan nodig het is geselskap en 'n hond by jou voete.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braai na duik
« Reply #6 on: July 20, 2011, 07:06:51 AM »
eintlik gaan rooiwyn saam met niks.......(en alles) klink vreemd as ek so sê maar ek bedoel, rooiwyn is so lekker jy kan dit drink as jy alleen is sonder geselskap, met geselskap, sonder iets by te eet of iets by te eet, dis altyd vrek lekker.


jy praat nou so van die smaak na verskillende kase. dis nie net kase nie dis enigiets.

ons wynmakers is op verskeie proe panele. hulle vertel jy proe die beste wyn vroeg oggend na jy opgestaan het en niks geëet of drink het nie en nie eers jou tande geborsel het nie.
 
hier by ons is een kleder wat so wit wyn proe aanbied.
ek kan nie meer als onthou nie. jy neem droë witwyn waarvan jy hou en proe dit en skryf neer hoe smaak dit. dan eet jy stukkie soet appel, dan proe jy weer en dit maak dan suur. vat slukkie suurlemoen sap en dit proe weer dieselfde wyn, dan smaak dit semi set. vat slukkie worcester sous en na dit proe die wyn na seewater. cheddar kaas , kan nie onthou hoe smaak die wyn dan nie en dan Mozzarella kaas, dan smaak die wyn weer soos dit oorspronklik gesmaak het.

mense wat rook proe ook nie die wyn soos dit moet smaak nie, heel ander geure wat hulle kry.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: braai na duik
« Reply #7 on: July 20, 2011, 07:36:09 AM »
Na vanaand sal ek vir jou laat weet hoe ons jou inligting op die proef-proe gestel het Stoffel  :notworthy:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braai na duik
« Reply #8 on: July 20, 2011, 09:04:01 AM »
dit sal gaaf wees rita, ek het dit nog nie self probeer nie
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: braai na duik
« Reply #9 on: July 20, 2011, 10:03:12 AM »
Julle twee met julle name bied vir my groot vermaak!   :bootyshake:

Ek rook en ek weet hoe smaak rooiwyn!   :wav: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braai na duik
« Reply #10 on: July 20, 2011, 10:08:09 AM »
ek seg nie rook laat dit sleg smaak nie net anders, maar jy sal mos gewoond wees daaraan. ek kannie met jou mond proe nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: braai na duik
« Reply #11 on: July 20, 2011, 10:31:22 AM »
Nou verstaan ek hoekom rooiwyn so anders proe as ek gaan rooiwyn proe.  Na die derde glasie smaak dit baie lekkerder!   :occasion14: :icon_geek:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braai na duik
« Reply #12 on: July 20, 2011, 12:55:22 PM »
is waar wat jy seg, hoe later hoe lekkerder.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.