• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

botswana - dooievlei 16 B

Started by Lox, July 13, 2011, 08:13:32 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Ek sou graag tot oorkant wou stap maar dit het te warm geraak. Ons het elkeen 1 liter koeldrank (energade) gedrink en ek het gevoel dat 1liter te min is maar nou ja dit moes ek al by die bakkie besef het. Toe smag ek darm na 'n koue bier.

Hier het ons weer die eerste duintjie uitgeklim op pad terug. Ek is toe baie bly dat ek my sandale saam gedra het. Die wit klei van die dooievlei was nie juis warm nie maar toe ek die duin uitklim besef ek trek maar sandale aan anders gaan my voetsole gaar en vol blase wees. Ek het ook probeer hardloop maar dit werk ook nie die voete bly te lank op die sand en koel nie die tydjie in die lug genoeg af nie.

Die vooruitsig was darm dat die bakkie met lekker koue goed onder daardie bome daar voor staan en wag.
531



Toe ons oor die duin stap was hierdie 4 van Duitsland oppad dooievlei toe. Ek is toe net dankbaar dat ons al oppad terug bakkie toe is.

532



So laaste kyk weer na dooievlei.
533


Die 4 duisters op die duintjie waaroor jy moet klim om die vlei te sien
534


Die lafenis was heerlik. Koue bier het lanklaas so lekker gesmaak.
535



Die volgende paar fotos is by Sossusvlei geneem.
537 tot 541










wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.