• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat

Started by Meraai vannie Baai, January 20, 2013, 12:24:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Inleiding:

Tra-la-la tra-la-la tra-la-la-laaa ...
Tra-la-la tra-la-la tra-la-laaa ...

Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
En my sweetheart die wag daar op my --
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.

Pas dan op, my getroue geliefde,
Gee jy straks nog 'n soentjie vir my,
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.

Naas

Hei hei
Ons gaan nou bly
In daai moddersloot
Van klei
Gly gly
Sal ons daar vry
In daai modder
Sloot van klei.

Eers gryp ek jou
Dan gryp jy my
So gly gly
In daai sloot van klei
Daar het ek
vir jou gekry
Daar sal ons
Vir ewig bly

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Woeker julle twee met jul talente.  Pragtig gedoen, ek is ook nou lus vir die Vrystaat. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek kan my altyd verluister hoe die reels herhaal word. Musiek en woorde is een twee van die baie lekker dinge in die lewe wat my regop hou  :angel4:

PM

#5
Die vry in die klei.  :toothy4:   Moet sê, dit sal goed afgaan met 'n dosis musiek daarby.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Lekker giggel ek nou dat dit weergalm in my lee maag.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.