• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat is "flashing"

Started by PM, October 21, 2021, 12:04:12 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek soek 'n mooi woord vir die "flashing" wat by watergeute gebruik word.  Die Afrikaanse woord is druprandflits, maar as jy nie die term ken nie sal jy beslis  nie weet wat dit beteken nie.   
'n Flits vir my is heel iets ander, 'never mind' druprand.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Niemand gaan weet waarvan jy praat as jy na druprandflits of watergordyn of geutkondoom soek nie.
Die doel is om die regte produk te kry sonder taalverwarring. So vra maar vir "flashing" en kry wat jy soek.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas. ek soek 'n mooi woord vir "flashing"! Ek het klaar die "flashing" gekry!  :icon_biggrin:   Ek soek nou na 'n woord wat so beskrywend is wat skrik vir niks nie.  Wat de hel is dit?  'n Water-terugskiet-plaat of wat?  Help tog asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis altyd vir my opmerklik dat ons in afrikaans beskrywend praat. As ek 'n naam vir iets soek noem ek dit wat die beskrywing daarvan is. Soos bv jou waterterugskietplaat. In die proses raak die woord lomp en gaan almal maar net aan om die Engelse naam te gebruik want dis kort en kragtig.
Wat van ketsplaat of ketser.
Maar as jy nou van ketser begin praat gaan die mense dink jy is mal?
In afrikaans maak ons nie maklik nuwe woorde nie. Ons pas ander tale se woorde aan of beskryf die voorwerp.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het nou al redelik gesit en kibbel oor die beskrywing.  Die doel van die plaat is om die water terug te gooi teen 'n plaat om te verhoed dat die water terug spat onder die dak in en op die plafon beland.  Wat van 'n oorgooiplaat?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Oorgooiplaat is 'n mooi beskrywende naam en so goed soos enige ander.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Sekondeer vir oorgooiplaat  :notworthy: :book1: