• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toe oë

Started by Naas, October 30, 2021, 12:00:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Toe oë

Ek staan toe oë.
Kyk al sittende.
Rondom die slingerdraaie
wat my land
roekeloos
ondertoe slinger.

En met my toe neus
ruik ek die parfuum
van stront,
muldelik
gestrooi
oor die eens groen
van 'n verlore
voortuitgang.

En in onsekerheid
besef ek
onomwonde,
vooruitgang
van verval
word bemes
deur versekering
in liegwoorde,
onstuitbaar
sonder ophou
gepleeg.

En my
hart
treur,
hartseer...
trane...

©
Naas Breytenbach

:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

hartseer
trane


wat 'n gemors van 'n gemors 


Mooi geskryf Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Trippel WOW's!!! Ironie in oortreffende trap.  :notworthy: :icon_salut: :book1: