Staat op, mak toe die deur nou | anoniem(uit de bundel: Sestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte (met prentjies) verzameld deur F.W. Reitz, Vroeger Hoofregter en Staats-president van d’Oranje Vrijstaat, 1897, Amsterdam – Pretoria.) Eens was daar een getrouwde paar,
Wat leef op hulle gemak nou;
Die vrouwtjie die maak koekies gaar,
Wat in die pan daar bak nou.
Die wint waait koud in die gebouw,
Dit trek deur elke skeur nou,
Toen zeg die oubaas ver zijn vrouw
“Staat op, maak toe die deur nou.”
Zij zeg: “Ik maak die koekies klaar,
Ik heb te veel te doen nou:
Al wag jij ook een honderd jaar
Dan maak ik dit nooit toe nou.”
Zulle maak toen same ’n akkoord
Dat zoo dit moes gebeur nou:
Die een wat eerste praat één woord
Moes toe gaan maak die deur nou.
Toen kom daar net twee mans verbij:
(Dit’s twaalf uur in die nag nou)
Dit was zoo donker dat albei
Verlang maar om die dag nou.
O, hulle was honger, kout, en nat,
Zoo reg uit hulle humeur nou,
Zulle staat daar op die modder-pat,
Toen ziet hulle ’n ope deur nou.
Zulle vraa of zulle mag binne kom;
Die paartjie praat gen woord nou,
Zulle hou ver haarlie heelmal stom—
Zulle dink aan hulle akkoord nou.
Die twee mans eet die koekies op,
Zulle doet net wat zulle wil nou;
Die vrouwtjie die swel in haar krop—
Maar blij mar daarom stil nou.
Die een die zeg: “Nou kom, Meneer
Nou moet ons dit maar doen nou:
Jij kan die ou zijn baard afskeer,
En ik die vrouwtjie zoen nou.”
“Daar is gên water in die huis,”
Antwoord die eene man nou,
Die ander zeg: “In die kombuis
Is warm pap in die pan nou.”
O, kwaad spring op die oubaas toen,
Hij hou hem reg permant nou,
“Wat? vlak vóór mij, mijn vrouw kom zoen,
En mij met pap verbrant nou?”
Toen moet jij zien hoe zij opspring,
En skreeuw nes een kalkoen nou.
“Die eerste woord het jij gepraat,
Loop maak die deur mar toe nou.”