• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrikaanse weergawe van die Staccato Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, June 20, 2011, 01:41:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die Engelse weergawe van hierdie gedigstruktuur is geskep deur Jan Turner,
en vereis 2 of meer verse van ses reëls elk.

Die rymskema is a,a,b,b,c,c en die interne rym in reël 2 wat rym met 'n woord in reël 1 van elke vers
(onderstreep in my voorbeeld) bied 'n groot uitdaging saam met die lettergreep vereiste van 10, 10, 8, 8, 10, 10.

In die derde reël word daar ook 'n uitroep/uitdrukking/bevel ens. met 'n herhaalde 2 lettergreepwoord of 2 woorde geplaas.

Hierdie woord word dan ook in reël 6 as 1ste woord, weer een keer herhaal.

Met my voorbeeld in Afrikaans het ek ook probeer om die vereiste lettergrepe so te kies dat die gedig
gekonstruktueerd voorkom.

My voorbeeld

'n Sagverligte onthou van kindwees
skuil primitief toegevou, in die vlees
Antiek! Antiek! Verklap 'n plooi
en die kant van my laslap kooi.
Nostalgies die prooi - word ek so omring.
Antiek gewis, niks nuut kan dit verdring!

Elke draai en kronkel . . . op hierdie pad
van ons gister's, laat vonkel weer 'n skat.
Onthou! Onthou! En ekke staar
na die oomblikkies; so vergaar.
Die geur van pypkaneel laat my nou weer
onthou ... warm pannekoek in koue weer!

©Meraai vannie baai

PM

Goeiste, dit is 'n fees om deur die gange van strukture te wandel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons twee het mos hoeka sawwe plekkie vir die nagmerriestyle   :bootyshake:

PM

Ek probeer net my torre kalmeer dan sal ek my voorbeeld gaan skryf Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Wonder ek nou so in my droewigheid (so pas afskeid geneem van drie van ons hartspunte) of jy toe die struktuur aangepak het PM?

PM

Ek probeer ook nog herstel van ons groet!  Ons mis die kinders nou weer met 'n geweldige gemis.


Wat die struktuurgedig betref, ek pleit skuldig.  Ek wou eers bewusteloos pleit, maar ek gaan niemand daarmee om die bos lei nie.   :angel12:
Ek vra uitstel assebliefietog.   :color:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

MY TAAL

Ek sal verdrink in die trots van my taal,
maar as ek dink hoe die vloek dit vervaal.
Verdomp! Verdomp! Kan jy nou meer?
Die vloek maak net my ore seer.
Ek wil hard en luid te hemele skree.
Verdomp of ek my taal vir verderf gee.

Dan kom die kunstenaar en liedjieboer
en onthaar my taal met ingelse sloer.
Hou op! Hou op! Jou tweegat drek.
Praat my taal of hou toe jou bek.
Engels loop soos vrotpap uit jou mond uit.
Hou op met mengeltaal en praat prontuit.

© Naas

Lig my mooiste hoed vir hierdie ene Naas.  :notworthy: :icon_salut:

PM

Om te weet is om te verstaan.