’n Man sonder naam was op pad,
van Jerusalem na Jerigo het hy gestap.
Met stok en swaard, genadeloos,
het rowers hom daar ingewag …
in donker beswyming, half dood
sonder hoop op hulp, hom daar laat lê.
Kom ’n priester daar verby
besluit om die gewonde te vermy.
’n Leviet stap ook van veraf al
met ‘n wye draai om hom.
Rower… priester … leviet?
Al sou sy volk die Jode haat,
kniel ’n Samaritaan langs hom
om innig jammer sy wonde
met olie en wyn te versorg;
op sy donkie het hy hom gelaai,
by ‘n herberg vir versorging gelaat
en by sy terugkeer daarvoor betaal.
Vergeet dan jou strikvraag aan Jesus
as jy naasteliefde nie wil ken.
Vreemdeling op aarde, het Hy
ons Samaritaan geword,
uit Sy pad gegaan om ons lief te hê
en ons sonde op sy skouers te lê.
©adéle theron