• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

spinasieslaai met sous

Started by Lox, November 18, 2011, 10:30:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Lox

Spinasieslaai met sous

Slaaisous

187,5 ml olie (olyfolie / sonneblom)
62,5 ml wynasyn
30 ml wit wyn
30 ml soja sous
15 ml suiker
15 ml droƫ mosterd
2,5 ml kerriepoeier
2,5 ml knoffelpoeier
2,5 ml sout
1 ml peper

Meng en skud goed saam.

Slaai

1 bossie vars spinasie
62,5 ml gekapte pers ui
4 repies spek, in klein blokkies gesny, gebraai
2 hard gekookte eiers, fyn gekap
paar skywe pers ui vir garnering

Was spinasie, droog en sny in dun repies.
Plaas in slaaibak.
Strooi gekapte ui oor.
Strooi spekblokkies en fyn eiers oor.
Plaas uieringe op.
Gooi sous oor.
Roer deur net voor dit op die tafel geplaas word.


heerlik lekker
ons gooi nie sous oor die hele bak slaai nie, gooi sous in die bord oor wat jy uitgeskep het dan hou die slaai baie beter in die yskas.

en gebruik rerige spinasie nie daai sour croud of so iets nie

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit klink baie lekker.  Sodra manlief tuis is gaan ek dit vir hom voorsit.  Baie dankie Lox.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Stoffel ek gaps die ene. Ons is vreeslik lief vir spinasie in alle vorme!

PM

Ek het hierdie slaai gemaak en dit is heerlik.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.