• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt

Started by adele, August 20, 2021, 04:47:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt

dit alles het jy al beleef-
soveel jare die pyn
van vernedering se byt
moes deurworstel,
selde sou dit wag
tot die son eers sak
tog sou die aand se stories
skaars talm tot by dagbreek verby;
tot - daardie dag het genade
emmersvol oor jou uitgestort
'n nuwe lente aan jou belowe
onder die oorhangtakke van wilgers
in die wegsteekvlei vol varinggroen lewe

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het 'n probleem met jou skryfwerk...
Dis so goed dat mens voel jy kan niks meer daarop antwoord nie.
Dit se alles.  :hello2:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


adele

Naas, en my liefliewe twee naaste abc-vriendinne, dankie baie, ook vir alles wat ek by julle geleer het. Daardie jaar, 2007, toe ek by Woes ingestap het, onseker in die groot voorportaal gaan stilstaan het, oorweldig deur al die groot name en vriendelikheid, die talentvolles en hulp wat in mandjies oorgeloop het, was die beste besluit ooit in my hele lewe.
adéle  :grommit:

PM

Tog, die liefde vir skryf en ons mooi taal is diep in jou ingewortel matertjie.  Ek dink dit lê in die gene.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

My ma het baie goed geskilder, met olieverf, houtskool en pastelle ... maar woorde is goedkoper, dan hoef ek nie na doek en verf te gaan soek nie, want ek het ook nie haar talent nie. En ek kry skaars tyd vir skryf  :toothy4:
adéle  :grommit: