• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

onthou-aande

Started by adele, February 25, 2021, 11:52:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

onthou-aande

'n kampvuur in die woestyn bly jou by ...
musiek het haar meegesleur
en die woorde haar week gelaat,
jou stem het 'n vuur in haar hart gelont

met die sterre-vonkel
het sy fyntreetjie-sirkels
rondom vlamme gedans,
teen jou deur die melkweg verdwaal

in jou soekende hart
verlig 'n maanligstraal die kleipot
waar haar naam rus, geëts
in opgerolde perkament

trom jy weer daardie musiek
verkrummel jou lewe,
doof verlange die lont uit ... 

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Dat ek die klits kwyt is, is nie altemit nie, maar jou woorde laat my so aan Pieternella van die Kaap dink.  Jy het altyd hierdie gawe om met woorde, beelde in my gedagtes neer te lê.  Mag jy net nooit ophou skryf nie. 
Om te weet is om te verstaan.