• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maak jou eie karringmelk

Started by PM, August 09, 2013, 11:13:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As jy nie karringmelk het nie kan jy gou jou eie aanmekaarslaan deur 'n houer te neem, 1 eetlepel asyn daarin te gooi en dit met melk aan te vul tot 250ml.  Gee dit 'n roer en laat staan vir 5 minute en gebruik.

Hoekom gebruik ons karringmelk in resepte?
Karringmelk bevat suur wat met ander bestanddele soos bakpoeier en koeksoda reageer om suurstofborreltjies te maak om die rysproses te bewerkstellig. 
Jy kan enige melk gebruik met 'n suurmiddel soos asyn, lemoensap of suurlemoensap.  Die presiese hoeveelhede maak nie regtig saak nie.  Jy kan 'n teelepel suurlemoensap gebruik instede van 'n eetlepel wat die resep voorskryf.  Wees ook maar versigtig vir te veel, dit kan jou gereg laat suur proe.  Dit is beter om die melk by die suurmiddel te voeg as andersom. 
Nog maklike plaasvervangers vir karringmelk:

Suurlemoensap
Gooi 1 eetlepel suurlemoensap in 'n 250ml maatbeker en vul aan met melk tot by die 250ml merk.  Laat die mengsel staan vir vyf tot tien minute teen kamertemperatuur en gebruik.

Gewone jogurt
Meng twee eetlepels melk met genoeg jogurt om 250ml te maak en gebruik.

Kremetart
Klits 1 koppie melk (250ml) met 3/4 tot 1 eetlepel kremetart en laat dit staan vir vyf tot tien minute.  Roer voor gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Dannnnkie! het dit nou nodig en toe ek gaan googleloer, gooi dit my hiernatoe   :icon_cheers:   :icon_cheers: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie! Ek ook gou kom loer en gaan deel (met erkenning aan my bron) by ons kuberkombuis  :notworthy: :icon_biggrin: :book1:

PM

Plaasvervangers het al meer as eenkeer my bas gered. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Plaasvervanger werk darem ook nie altyd nie. Daar is net sekere goed wat oorspronklik moet bly anders werk dit nie so lekker nie.
Soos bv. Hannes... :`ip2: :icon_salut:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#5
Naas, iets wat halfpad werk is beter as iets wat gladnie werk nie.     :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het skoon vergeet van die raad! Bak ek vir ons beskuit vir die lang toer en gryp toe radeloos maar die houer met natuurlike Griekse jogurt in plek van karringmelk wat ons cowboy dorpie natuurlik toe weer nie in voorraad gehad het nie. Dit het gewerk hoor!

PM

Lees ek 'n stukkie van humorsin!  Dit is werklik 'n gawe om 'n sin vir humor te hê.  Ek kan my nie indink om deur die dag te kom sonder 'n lag nie.   :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.