• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die storie oor Koos

Started by PM, August 13, 2013, 09:32:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kom skryf 'n storie oor Koos en plaas dit in jou eie plekkie.  Indien daar iemand is wat nog nie 'n eie plekkie het nie, gooi 'n lyntjie   pm@afrikaanseforum.co.za en ek skep een.

Toe Koos se lyk uit 'n motorwrak gesny is het hulle die volgende items aan sy persoon gevind:
In Koos se hempsak was daar 'n inkopielys. 
In sy broeksak was sy beursie.  Daarin was 'n vet rol R200 note.  By nadere ondersoek is gevind dat daar slegs een noot bo-op die rol was en een noot onder om die rol.  Tussen in was stukkies koerantpapier wat netjies in dieselfde groottes gesny is. 
Daar was ook 'n kredietkaart en 'n bestuurslisensie in. 
Aan Koos se goedversorgde linkerhand het 'n goue troupand geblink en aan sy regterpols 'n dik goue ketting.  Hy het 'n netjiese paar leerskoene aangehad.  Sy blinkswart hare was in 'n poniestert saamgevat. 
Al wat van belang was in die paneelkissie was 'n donkerbril en 'n kaart met 'n rooi sirkel om 'n bestemming, met 'n selfoonnommer langsaan geskryf.
In die kattebak was 'n aktetas met 'n gekodeerde slot, 'n kombers en 'n bottel sjampanje, 'n paar stukkies gereedskap en 'n rol tou.

Lekker skryf.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ffffft.... waar's daai girls as ek hulle nodig het.
elle

Meraai vannie Baai

En nou gaps 'n gas jou storie oor Koos  :hello: :`ip2: Hoop hulle gaan vir ons ook laat deel as hulle die storie verder neem  :icon_biggrin:

Naas

#3
Koos wil selfmoord pleeg maar sy vorige tien pogings het misluk.
Hy vat toe 'n tou, gif en 'n pistool met een koël in.
Toe soek hy 'n krans hoog bo die see met 'n boom wat oor die water hang.
Hy klim in die boom, maak die tou om die boom vas en die ander punt om sy nek. Toe drink hy die gif en druk die pistol teen sy kop.
Net toe hy die sneller wil trek val hy van die tak af, die skoot gaan af en skiet die tou af. Hy val in die see, sluk 'n mondvol soutwater en kots al die gif uit.
Moedeloos verby strompel Koos uit die water uit. Hy sien 'n motor in die parkeerarea. In die motor hang 'n duur pak klere en nuwe skoene. Hy trek sy nat klere uit, trek die nuwe pak klere en skoene aan. In die sakke kry hy 'n beursie vol R200 note, 'n kredietkaart en bestuurslisensie.
Hy maak sy hare vas, krap in die paneelkissie en kry 'n duur goue ketting, ring en die motorsleutels.
Hy sit die motor aan die gang en trek weg met skreeuende bande. Hy versnel tot 240 kilometer per uur en jaag in die naaste boom vas.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En dit was die storie oor Koos.

Die Einde.

PM

Miskien is hier iewers 'n siel wat weer vir Koos terug bring na die hede.  Mens weet  MOS  nooit.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.