Tweede strofe, tweede versreël, het jy 'n vingerfoutjie begaan.
Dat jy net kon sien klippe spatAs jy - dat jy net klippe kon sien spat - sou skryf, sou jy mooi van alliterasie* gebruik maak.
* Alliterasie is die gelykheid van beginklanke. Klippe kon - en - sien spat.
Al was my Pa al grys Na die woord "my" is Pa nie meer 'n eienaam nie, dus sal jy dit met 'n kleinlettertjie spel.
Pa se hy WEET dit was nie ek In Afrikaans is daar altyd die bubbele ontkenningswoordjie en as jy "nie" hier herhaal, sal dit geen afbreek doen aan jou rym nie, maar dit effens verdoesel wat die rym dan sal versag.
HY het dit --- eerste keer gekry persoonlik sou ek "die" ingevoeg het, maar dit is jou keuse.
Pa is al bietjie oud kan jy dalk "Pa" met "hy" vervang?
Pa het op die harde manier geleer
Mens doen jou lisensie deur ‘n instrukteur
Pa is al bietjie oud
Sy kennis al taamlik koudAangesien jy nou nie "Pa" weer wil herhaal nie, kan jy dalk kyk of jy nie die versreëls kan omdraai nie. Voorbeeld:
Pa is al bietjie oud
Sy kennis al taamlik koud
Hy het op die harde manier geleer
Mens doen jou lisensie deur 'n instrukteur.
Het ongelukkig toe baie meer van my Pa gehou Hier sou ek ook net die "baie" uitlaat om weer 'n lettergreepbalans te handhaaf. Onthou ook om "my pa" te skryf.
Natuurlik is bogenoemde net voorstelle. Gebruik dit waarvan jy hou en smyt die ander uit.