• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Oop Forum?

Started by PM, July 25, 2020, 01:12:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Andre het vir ons die forum oopgemaak.  Admin sal seker ook die aansoeke kry wat ek gekry het.  Ek het dit almal weggewys.  Dit is 'n mengelmoes van die alfabet en e-posadresse wat ek nie ken nie.  (Vreemd)
Ek sal nog 'n dag of wat kyk wat gebeur en dan kan ons besluit of ons dit weer moet toemaak.
Gee asseblief julle insette. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jy hou die sleutel PM, as dinge nie werk nie of ons net reaksie van 'n klompie trolle kry, sluit jy net weer soos voorheen.

PM

Ek het gister en vandag nog 25 sulke aansoeke gekry.  Ek sal maar vir Andre vra om dit weer toe te maak.  Jammer dit het nie gewerk nie.
Om te weet is om te verstaan.

Frank Naude

Daar behoort tegnologiese oplossings vir die probleem te wees.
'n CAPTCHA-toets sal byvoorbeeld baie help.

Naas

Dankie Frank en welkom.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Baie welkom Frank. 


As jy enigsins kan help sal ons dit baie waardeer.  Ek het vandag met nog 150 sulke gevalle gesukkel. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

#6
Andre het maar weer die opsie gesluit.  Daar was sekerlik nie mider as 150 aansoeke per dag nie.  Almal wat net 'n basis soek vir advertensies.  Dankie vir julle geduld. 
As iemand nog 'n voorstel het, bring dit tafel toe. 

Ek het gaan kyk wat  CAPTCHA is.  Dit is daardie letters wat jy moet intik om te seg dat jy nie 'n robot is nie. 

Ek wil graag weet:  As ons die forum oopmaak is daar 'n opsie wat vra dat die persoon wat geregistreer is die registrasie moet aktiveer.  Kan dit verhoed dat die "robot" die forum kan misbruik?
Om te weet is om te verstaan.

Jan Dink

Ek het gekyk en die registrasie het 'n CAPTCHA, so dit is mense wat in persoon probeer om false rekeninge te skep

Ek sal kyk of daar iets anders is wat mens kan doen

PM

Baie dankie Jan Dink.  Jy beteken geweldig baie vir ons.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.