• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

verraad venyn

Started by adele, December 19, 2019, 06:13:08 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

verraad venyn

jy sit op 'n klipbank
en verwonder jou aan die niks
in die verte
die blou-blou horison
na dagbreek se pastelle
gedemp is,
dis dan wanneer die vlaktes lewe kry
swaeltjies duikswaai met oop bekkies
geen aandag aan jou
'n bokkie kyk jou grootoog aan
rustig kouend aan sy bekvol gras
en geitjies skarrel vir 'n sonkol
op en langsaan elke klip

dan hoor jy die getjirp
mossies en vinke begin skinder
en 'n adder kronkelglip
'n ent onderkant jou voete verby,
dit is wanneer verraad
jou op die krop van jou maag tref
jy het vertrou
en jou lewe op hoop gebou
met liefde jou arms gestrek
jou alles gegee ...

maar in hul venyn
en geldsug,
ja magsbeheptheid
leuens gevleg uit jaloesie
omdat jy nog altyd kon,
verkrummel
die rots en anker onder jou
en tuimel jy die dieptes in

wie gaan jou vang
jou stukkendval keer,
gaan engelvlerke jou
op wieke dra
in hierdie land en lewe
jou geloof laat groei
en vergifnis in jou hart
se binnekamers toevou?

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Baie mooi verwoord.  Jou woorde laat my saam in die dieptes tuimel, maar ek weet daar sal hulp wees as dit by die val kom. 
Om te weet is om te verstaan.