Vanaand oorstroom die seer my hart
snak ek na lug wat verby my vloei,
asemteue wurg deur my keel
snik ek woorde sonder klank;
magsverslaaf aan veldrook en haat,
het hul in boosheid weer ‘n vuur begin.
En die aarde het verbrand!
geen heuwel, veld en vlei meer oor,
geen soetdoring om geel donsies
in die draai van somer te vorm,
geen riet of rooigras in ‘n sloot
geen groen sprietjie deur dou gevoed.
Verstikkende in rookwalms
wat elk windrigting trek
swart roet verpoeier tot stof,
sy voete tree oor verbrande aarde
sy hart krimp ineen oor die dood.
skoot op skoot eggo ten hemele
om vee en wild se lyding te stop!
Hoe, o God, en waarheen VaderHeer,
waarheen hiervandaan vorentoe?
en hulle wat bakhand voor jou staan
die wete ook hulle toekoms is gedaan
geen boerdery geen tuiste geen ete
die graanskuur is hier nie meer.
Wie gaan nou weer hier begin,
‘n boerdery opbou en in jul voorhuis
weer saans uit hul familiebybel lees,
saam bid en ‘n loflied sing?
want groot manne is moeg gehuil
die toekoms leeg, niks eers meer te vrees.
Maar na skemerdof herinner weer ‘n ster
aan ons boere se saamstaan en heropbou
as ons broos in donkergrot wou kruip.
genadig hande vat en op God vertrou
as ons trane oor Christus se voete vloei
en plaasgeluide weer oor ons skouers vou.
©adéle theron