• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons mooi land brand

Started by adele, October 20, 2020, 06:13:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek kry geen afdeling waar ek hierdie verskriklike gebeurtemisse kan deel nie en al lê dit die sosiale media vol, kan ek nie daar oral sê hoe ek voel nie. Seer, stukkend vir ander (Kleinklein bietjie vir onsself, maar ons skade is 'n druppel vergeleke hiermee) woedend, angsbevange, in gebed verlore, stry teen vloek en skel, weer gebed om vergifnis, huil saam met groot manne .....

"Skrikwekkende tonele speel tans in die Vrystaat af waar duisende hektaar weiding in die distrikte Hertzogville, Boshof, Dealesville en Bultfontein in verwoestende brande vernietig is. Die brande het vermoedelik ontstaan na betogers buitebande en 'n stuk veld buite Hertzogville aan die brand gesteek het. Honderde stuks vee waaronder beeste en skape is dood of moes van kant gemaak word. Rooibokke, blesbokke en swartwildebeeste moes ook geskiet word. " Die spul het glo betoog omdat boorgatwater brak proe  :crybaby2:  :dontknow:  :crybaby2:

https://web.facebook.com/suikerbosrant/posts/899049380501278
https://web.facebook.com/photo?fbid=3858895064139759&set=pcb.10165056852700713
https://web.facebook.com/watch/?ref=search&v=261724185256920&external_log_id=db1f75e7-e4ab-46d1-983c-82ed54d0eab7&q=hertzogville

net enkele links .... ek weet nie of dit sal oopmaak nie.

adéle  :grommit:

adele

Vanaand oorstroom die seer my hart
snak ek na lug wat verby my vloei,
asemteue wurg deur my keel
snik ek woorde sonder klank;
magsverslaaf aan veldrook en haat,
het hul in boosheid weer 'n vuur begin.

En die aarde het verbrand!
geen heuwel, veld en vlei meer oor,
geen soetdoring om geel donsies
in die draai van somer te vorm,
geen riet of rooigras in 'n sloot
geen groen sprietjie deur dou gevoed.

Verstikkende in rookwalms
wat elk windrigting trek
swart roet verpoeier tot stof,
sy voete tree oor verbrande aarde
sy hart krimp ineen oor die dood.
skoot op skoot eggo ten hemele
om vee en wild se lyding te stop!

Hoe, o God, en waarheen VaderHeer,
waarheen hiervandaan vorentoe?
en hulle wat bakhand voor jou staan
die wete ook hulle toekoms is gedaan
geen boerdery geen tuiste geen ete
die graanskuur is hier nie meer.

Wie gaan nou weer hier begin,
'n boerdery opbou en in jul voorhuis
weer saans uit hul familiebybel lees,
saam bid en 'n loflied sing?
want groot manne is moeg gehuil
die toekoms leeg, niks eers meer te vrees.

Maar na skemerdof herinner weer 'n ster
aan ons boere se saamstaan en heropbou
as ons broos in donkergrot wou kruip.
genadig hande vat en op God vertrou
as ons trane oor Christus se voete vloei
en plaasgeluide weer oor ons skouers vou.   

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Pragtig uitgebeeld en goed deurdink. 
Gelukkig is daar altyd 'n nuwe begin.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

adele

#4
Verlede jaar is groot groot dele veld van die Vrystaat in aaklige, aspris-brande vernietig. Vanjaar nog meer. In Juliemaand is duisende groot plase se weiding al vernietig.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/brande-in-vrystaat-verwoes-derduisende-hektaar/
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/videos-vrystaatse-plase-beskadig-tydens-brand/
https://rosestad.co.za/veldbrand-buite-bloemfontein-rig-groot-skade-aan/

En verlede naweek het die ramp Ventersburg getref. 'n Vuur het so ent van ons af begin en die stormsterkte wind het dit gejaag ... die einde is swart waar niks oorgebly het nie. 'n Huis het amper-amper vlam gevat toe kooltjies in die droë blare in die geute geval het. OP die ou end breek die magteloosheid om teen vuur te veg, enige een se moed. Maar nie ons vriende hier s'n nie.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-vakansieoord-in-die-slag-toe-veldbrand-versprei/
https://www.ofm.co.za/article/agri-hour/308523/talle-vee-weivelde-en-infrastuktuur-beskadig-in-vs-weens-veldbrande-

(Ons plaas is hier gespaar gewees en ons is so dankbaar nadat ons dit drie keer in die vorige vier jaar moes aanskou en keer dat die hele plaas se weiding nie vergaan nie. Ons mede-Boere se hulp is onskatbaar waardevol, God se genade so onvertelbaar hoog)
adéle  :grommit:

adele

wanneer niks oorbly nie

vanaand huil 'n veld vol niks
wanneer swart as om jou voete warrel
en jy asem soek en verstik

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Dit is erg.  My hart gaan uit na ieder en elk wat deur hierdie wandade geraak word. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Van asem soek en verstik tydens brande wis ek alte goed liefste Adele. Ons moes kilometers ry opsoek na 'n plek waar dit rookvry is en ten duurste inboek in 'n motel om te oornag waar Outop die volgende oggend nog betyds by sy werk kon kom. As dit nog brandstigting ter verwoesting is, huil ek saam met die veld sniksnik.

adele

Ek onthou julle oneindige brande ....   :crybaby2:  :crybaby2: was sooo bly julle het nog asem iewers kon kry :love7:
adéle  :grommit: