Nou-ja, ek het al baie dinge probeer en daarmee het ek al hogere hoogtes bereik, maar terselfdertyd ook lagere laagtes.
Nou - die ouens wat my ken weet dat wanneer ek 'n paar wyntjies agter die blad het, dan praat ek "fast en furious". Man, dan het ek mos nou nie tyd vir speletjie nie.
So kom dit dan dat ons lekker kuier en Ouma beduie met handgebare dat die biesies bewe en daar spring die verdomde rooiwynglas vol rooiwyn voor haar hand in en sy bad haar neukenaar met rooiwyn. Dit het haar duur te staan gekom. Daar raak die muis so gesuie hy ken nie die pad na die inbox toe nie. Hy wil net ontvang, maar niks uitstuur nie. Dit was ook nie hoe lank nie toe raak alles geslinger en niks wil meer werk nie. Dood soos 'n dro... dronkaard.
Herwaards en derwaards, maar die enigste oplossing was 'n nuwe neukenaar. Tot Ouma se ontsteltenis het dit net twee dae geneem vir haar ou neukenaar om nugter te raak! Blerrie hell! Ouma, sal jy dan nooit leer nie?