Die onthou wat briewe bring
Ek ruik die stofgeur wat lank geleë
dié van ’n blom, gemeng met muskus moes wees
vou versigtig deur die blaaie in kleur verdof,
ontbloot die vulpenwoorde in jasmynfyn skrif
en die siel van haar wat jeugdig sy naam sou dra
sy lewe moes deel en sy kinders wou baar.
Op die laaste blaai blom nog die blare van ’n roos
eens soos bloed so rooi, maar nou swart van gees
sy hart was met sykettings aan hare gebind
hul liefde onsterflik oor wye oseane gestrek
maar nooit het sy weer aan sy hand kon vat,
het hy sy ring, sy sielskyk aan haar kon pand.
Tussen die rotse van ‘n eiland lê nog die seilskip se wrak
en hier ‘n brief, eensaam gebêre, tot op haar sterwensdag.
©adéle theron