SKOENMAKER STILLEWATER Woorde: EITEMAL
Musiek: CONRADIN KREUTZER;
verwerk: D. HYMAN
Ek klop-klop-klop van vroeg tot laat, my ysterlees word koud;
die mense dink, die stomme maat is met 'n skoen getroud.
Vir almal slaan'k my oë neer en kyk hul skoene aan—
hul reken ek wil weet wanneer ek elkeen kan beslaan.
Dan klop-klop-klop ek immer voort en lag hier in my mou;
maar meet die sonstraal sonder woord daar teen die hemelblou.
En as die maan hier bo my staan en al die mense slaap,
dan trek ek stil my kispak aan, so sedig soos 'n paap.
En trip-pe-trap-pe gaan my voet al langs die stille straat;
dan hoor ek hoe my eie goed, my sole met my praat.
En kom ek by die nooi'ntjie aan waar dof die vetkers rook,
dan voel ek sommer pure man--dié ambag ken ek ook.
Maar môre is my werkplek toe--ek wil past'rie toe gaan
en self die predikant vra hoe dit met sy sole staan.
En o ja, dom'nee, laat maar ook nou Sondag op 'n hoop
vir my en Griet van Onderdorp al drie gebooie loop.