• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ou Koos

Started by Naas, February 02, 2018, 12:18:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Koos werk in n meubelwinkel.
Hy ontmoet n oulike Franse meisie wat nie Afrikaans of Engels kan praat of verstaan nie.
Koos wil haar graag uitneem en haal toe maar n stuk papier en n potlood uit en teken n restaurant daarop. Die meisie knik ywerig kop en sy en Koos eet toe te lekker. Na ete teken Koos n bioskoop en weer willig sy in. Hulle kyk n mooi liefdesfliek. Daarna teken Koos n nagklub en die meisie raak opgewonde. Hulle dans tot die son amper opkom. Toe vat die meisie n potlood en teken n dubbelbed......
En tot vandag toe kan Koos nog nie verstaan hoe sy geweet het hy werk in n meubelwinkel nie!


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit klink vir my ook baie verdag. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O lieven deug   :icon_biggrin: arme ou Koos.

Naas


Koos beland in 'n storm en spoel op 'n verlate eiland uit. Daar is net kokosneute en bosse.
Koos besluit hy gaan nooit weer mens sien nie endat hy die eerste wyfiedinggedoente wat hy op die eiland kry oopmond gaan soen.
Daar is wild bokkies. Hulle kom nader van nuuskierigheid maar wil vir dood nie stilstaan dat hy hulle kan soen nie.
Drie maande later sit hy moedeloos en visvang toe daar 'n blonde model in 'n duikpak uit die water kom.
Hy is baie opgewonde en vra vir haar 'n sigaret. Sy steek haar hand voor by die duikpak in en haal 'n pakkie sigarette uit. Koos is in vervoering oor sy eerste sigaret in vier maande. Terwyl hy rook steek sy weer haar hand voor by die duikpak in en haal 'n bottle Johny Walker swart label daar uit.
Hulle rook en drink. Toe die bottel so driekwart is vra die blond bom vir hom, terwyl sy die duikpak stadig oopsluiter: Wil jy bietjie plesier ook he?
Hy is baie verbaas en se: Moenie vir my se jy het golfstokke ook in daai duikpak nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Daar vang Oom Naas my nou.
Met die soenery het ek gedag...
Hy kon haar te minste vra om die bokkie vas te hou dat hy die arme bokkie kon soen soos hy belowe het.
Ok ma lekka dom. O hallie ha.

:mumum:

PM

Oeps, dom ja, baie dom.   :snorting:
Om te weet is om te verstaan.