• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die vlakvark en sy dige

Started by PM, October 02, 2018, 01:55:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Het jy geweet dat 'n vlakvarksog soveel spene ontwikkel as wat sy kleintjies gaan hê?
Die vlakvark (Phacochoerus arikanus) is 'n wilde wark wat in Afrika voorkom.  Die vlakvark het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg.  Vlakvarke het 'n kenmerkende voorkoms met twee slagtande wat oor 40cm lank kan word.  Vratagtige uitgroeisels is sigbaar op die gesig.
Vlakvarke kan vinnig hardloop met 'n snelheid tussen 30 en 50 km.  Wanneer hulle hardloop lyk die sterte soos antennas in die lug.
Die sog is drie maande dragtig waarna sy tot ses kleintjies kan baar.  Die kleintjies word normaalweg in November of Desember gebore.
Vlakvarke kan tot plus minus 20 jaar oud word. 
Die varke staan op hulle knieë wanneer hulle vreet.  Hulle baklei dikwels, met 'n groot lawaai, oor kos en dan sien jy net stof trek.  Die rand van die neus is baie hard, want hulle dolwe die grond om daarmee vir bossies en wortels.
As jy nog feite het, deel dit asseblief met ons.

'n Grapppie deur https://www.sapromo.com/vlakvark-en-die-leeu-grap/7103
Vlakvark kom by die 3 leeu welpies aan en sê vir hulle: "Vanaand Spyker ek julle ma!"
Met die wat die 3 welpies in trane uitbars as gevolg van die opmerking van Vlakvark, vang sy oog mamma Leeu wat oor die verte aangestorm kom.
Mamma Leeu kom by die welpies wat almal in trane is, vra : "Waaroor huil julle?"
Welpies vertel toe wat Vlakvark gesê het, en voor hulle kon klaar maak met die storie is mamma Leeu daar weg in een moerawiese stofwolk!
Nou kyk, Vlakvark lê daar naby sy gat en sien mamma Leeu wat aangestorm kom . . .
Vlakvark is eintlik 'n slim bliksem, want kyk hy het 'n "main entrance" en 'n "emergency exit" by sy gat. Soos mamma Leeu aangestorm kom kry sy nie haar briek nie en donner kop eerste in die gat in!
Vlakvark klim uit by sy nooduitgang en stap om na mamma Leeu wat kop eerste in die gat vassit. Vlakvark klap haar so met sy linker poot op die gat en sê: "Mevrou ek's miskien 'n vark, maar ek lieg nie vir kinners nie."

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die feite en die grappie ewe veel geniet! Baie dankie vir deel matertjie. :bootyshake: :headbang: :icon_biggrin:

PM

Dankie Raaitjie.  Ek wens net die ouens wil ophou om so te klets, hulle praat my ore van my kop af!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.