• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dankie Anton Louw

Started by PM, October 08, 2018, 03:49:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Anton het toegestem om moderator te wees by kampstories.  Dankie Anton. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Dankie Petra.  Dit is 'n groot voorreg   :notworthy:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai


PM

Die voorreg is ons s'n matertjie.  Ek waardeer jou insette. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Absolute bonus vir die forum!

Anastasia

Anton is darem nie een van die spoke wat aansluit, net om nooit weer van hulle te hoor nie.  Ek wonder so baie oor daardie spoke, wat soos mis voor die opkomende son verdwyn ....
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek wonder saam met jou mater Anastasia. Mens verwelkom en nooi uit om saam te kom gesels maar dit pure verniet. Die spoke dwaal darem deur die gange en die ou plasings kry weer aandag. Myself baie ure so besig gehou om oor hulle skouers te lees  :headbang: :hello2:

PM

Ek het verlede week vir Marieliefie gewys hoe die forum werk.  Sy is rekenaargeletterd en jy kan haar niks van selfoonwerking vertel nie.  Dit was vir haar moeilik om die werking te verstaan.  In die eerste plek kon sy nie aanteken met haar wagwoord nie.  Ek wonder of dit nie baie nuwe ouens se probleem is nie. 
As hier iemand lees wat 'n soortgelyke probleem het, laat weet my asseblief by pm@afrikaanseforum.co.za dan kan ek jou stap vir stap help om aan te teken en saam te gesels. 
Om te weet is om te verstaan.