• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

September vakansie

Started by Trapsoetjie, August 16, 2018, 09:49:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Waar was ek, sjoe dis 'n vraag wat maar deurmekaar geantwoord kan word. So baie dinge het gebeur van dat ek hier weg is. Slegte dinge, mooi dinge en weer slegte dinge. So om dit op te som "LEWE"

September gaan ons darem vir 'n week weg, ek kan nie wag nie.
Teniqua Treetops, ons gaan in die bome bly. Daar is lekker wandel paaie. Ek hoop dat ons by die Olifante 'n draai kan maak, dalk op een sit. Sal nog moet sien.
Maar ek kan nie wag nie, net lekker weg kom van alles hier. Lekker rus.

:angel12:

adele

trappies!!!! hoe wonderlik om jou spoortjies hier te sien   :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek gaan nou sommer 'n dubbel-koffie skink. Sooooooo opgewonde. Trappies, geniet die uitsien nooi!

PM

Welkom welkom! Dit is wonderlik om jou hier te sien en ek hoop jy gaan nou hier bly anders gaan jou naeltjie uitskroef en jy gaan op jou boude beland.  Ha-ha!
Vertel van julle wedervaringe sustertjie.  Ek wag in spanning. 
(Skuus, my gatseggies het hulle doodgeskrik vir my en nou speel hulle wegkruipertjie.)
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :color:  Skaam kry ekke nou. Dankie julle.  :love7:
Wel van my huis wat gebrand het al die nare dinge gaan ek eerder nie 'n woord rep nie, dit bly in die verlede.

Ons huweliksherdening, 31 jaar, so ek en my beter helfde gaan bietjie dros van die winkel af.  :hello2: :hello2:

Ons gaan paar dae vir skoonsus kuier in Mosselbaai dan van daar in die bome bly, ons laaste paar dae gaan ons weer by skoonsus bly.

:angel12:

Naas

Ek is lekker jaloers. Sal maar 'n paar skippies sink dan is ek ook mos hoog in die takke en deur die blare.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek hoop julle sal dit vreeslik geniet.  Naas, sink maar vir my ook 'n ou skippie dat ek saam kan kuier. 
Om te weet is om te verstaan.