• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

akwaruim

Started by Lox, June 30, 2011, 10:52:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

ek en my seun het een keer in die Waterfront akwarium gaan duik (sonder haaihok)



en die ouens daar onder gekry





agterna het ek fotos deur die glas van krewe geneem

ons weskus kreef





as ek dit reg het is dit die warm water kreef van mosambiek se water





die ooskus kreef van natal



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Julle is braaf! 

Is daar 'n verskil in smaak tussen die soorte krewe? 

Skuus,  maar as ek hom sien wil ek hom eet!
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek het nog net 2 keer ooskus kreef gehad en baie weskus reef, ja daar is verskil maar nie baie verskil nie, maar weskus kreef is lekkerder
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Wanneer is dit kreefseisoen?  Wat kos 'n kreefpermit en hoeveel word toegelaat?
Om te weet is om te verstaan.

Lox

weskus kreef was laas seisoen van 15 nov tot 15 januarie en byna net naweke en 4 per dag per permit. permit is so R75 gewees dink ek.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Kan net die duikers permitte kry? 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

nee enigeen kan, jy mag van 'n boot of van die kant met 'n net ook vang.

daars baie mense wat so maak
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Hoe vang jy kreef met 'n net van die kant af?  Is dit by rotse?

Ek wil ook weet of 'n mens 'n skulp se ringe kan tel om te bepaal hoe oud dit is. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

kreef vang met net van rotse, dis soos i ring amper so groot soos fietswiel se rim en dan maak jy 'n net wat onder toe en bo oop is daaraan vas, sit aas in die middel en gooi dit in en hoop die kreef klim in. dan trek jy dit op en die kreef val in die net. vang so van boot af ook.

ander manier van rotse af is visstok of dipstok en stok met 'n net. sit 'n aassak voor aan die lyn, laat sak die lyn en as kreef aas kom vreet trek jy dit stadig op en skep dit met die net, makliker geseg as gedoen.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit klink vir my asof ek 'n leermeester nodig het om my daai "truuk" te leer.  Moontlik,  net moontlik,  kan jy my gaan wys hoe!  Ons sal kaalvoet op die strand moet gaan oorslaap!   :icon_biggrin:   Of hoe?
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek duik hulle sommer vir jou uit as jy kan vang op die rotse
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.