• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Sonplekkie

Started by adele, September 18, 2018, 08:21:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

My sonplekkie

Teen 'n vreemde Sinaïberg
klim ek half uitasem
onder 'n oorhangrots in.
'n Arend sweef daarbo,
skynbaar rigtingloos,
duik dan sondermeer
met stil vlerkklap op sy prooi neer.

Ek bind myself vas;
om my hande en voete skuifknope
van selfverwyt en verdriet
en gaan lê op die altaar van onvergifnis en vrees
tot ure later, koud en styf,
my ledemate weier om te beweeg.

Uit 'n beswyming, teen skemeraand,
roep 'n Stem na my en
sukkel ek my gedagtes bymekaar:
Vergeet jou swaar, kyk agter jou
in daardie sonkol deur die skeur
begin jou nuwe lewe,
geen koue vrees om jou te tart
geen liefdelose jaar saam met 'n harde hart.

My eie plekkie in die son
het ek teen 'n vreemde berg gevind.
My eie Sinaï in God se sterlig,
vergifnis op my kruisvaart,
my innerlike vrede styf om my hart gebind.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Die gedig spreek boekdele en ek juig saam met die skrywer: 

My eie Sinaï in God se sterlig,
vergifnis op my kruisvaart,
my innerlike vrede styf om my hart gebind.
Om te weet is om te verstaan.