Dankie julle, dis lekker om hier te kan wees. Maraai jy sĂȘ jy is van oorkant die waters, waar is jy? Ek het vir 6 jaar in Hongarye gebly. Dit is eers daar dat ek my passie vir ons Afrikaaners ontdek het. Alhoewel my pa ons so groot gemaak het, het ek dit eers besef toe ek 34 jaar oud was.
Na my pa se dood het ek al sy boeke geerf. Hy het 'n paar boeke in Afrikaans geskryf wat gepubliseer was, een baie gewilde nie-fuksie boek was
Ken ons sterre, 'n gids vir die groentjie. Sy een geskiedkundige roman
Die Weeskinders was bekroon met die meriete-toekenning
van die Afrikaner Volkswag vir 'n roman oor die Groot Trek en is nou nog op ebooks beskikbaar. So stories het ek baie al is dit nie my eie werk nie. Ek sal wel hier en daar van my eie goed skryf en vertel.
EK