• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

tiensent-blommetjies

Started by adele, September 04, 2018, 08:06:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

naby my hartstuin blom grondbossies
se roserooi tiensent-blommetjies
en pointsettia in miniatuur,
'n sonskyngeel oordek die rankroos
wat oor 'n lendelam heining hang
terwyl raafswart flapvinke
en blougroen glansspreeus
hul gunsteling gras en bessies verorber

langs die goudvissiepoel krul varinglote
mintgroen, fluweelsag vir 'n dag of twee,
strek dan uit saam met kosbare disa
en heide teen die tropiese hange langs my;
'n kriekekoor oefen in die sampioenedorp
en oupa-uil skryf sy komposisie van Hoop
teen die suile in my groene skadutuin
omring deur sipresse vol groeiende Geloof

©adéle theron
adéle  :grommit:

Anton Louw

 :hello2:
Pragtig Adele, ek het hom sommer op kampforum gaan deel as jy nie omgee nie.  Ek dink die mense daar kan doen met mooie kuns woorde.
Kamp is koning!

adele

dankie, jy het my skoon verleë, maar ek waardeer dit oor 'n duisend.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Jy mag maar skryf mater, sonder twyfel!
:love7: :notworthy: :icon_salut:

Anastasia

Ek het daardie prag saam bewonder.  Knap tot lewe gebring.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

adele

adéle  :grommit:

PM

Na 'n duisend lesings kom ek ook nou hier aan en ek  :hello2:  juig oor jou pragtige gedig.  Dit is werklik mooi my lief vriendin. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit: