• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Liewe pa

Started by Naas, February 13, 2018, 12:57:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek hoop dit gaan nog goed met Pa en ma daar in Sodom en Cremora. Ek sien op die TV dat julle nog donderstorms daar kry.
Hier by ons is dit so droog dat die vissermanne bokkoms in die bergrivier optel. Ons het ook gisteraand 'n donderstorm en 53mm reen gehad in Bellville. Daar was een blits en die drie druppels het 53mm uit mekaar geval.
Bedags is dit so warm, my buurman se hoendertjies le gekookte eiers.
Die druiweboere se hulle gaan geen soetwyn die jaar produseer nie, net droe wyn. Gister op pad huis toe sie ek die een boer het vir sy skape donkerbrille opgesit. nou vreet hulle lustig aan die groen gras. Die sprinkane staan op hul kniee en vreet omdat die koringstoppels maar kort op die grond is.
Kry vanoggend 'n vyfjarige padda voor my agterdeur. hy kan nie swem nie agv die droogte nou neem hy swemlesse deur 'n korrespondensiekursus.
Johan wat daar by Philidelfia boer het twee van sy windpompe afgebreek want daar is net genoeg wind vir een pomp.
Die een boer het sy beeste deur die dorp gejaag en groot probleme met die verkeersdepartement opgetel. Die beeste het aan die robots begin vreet toe dit groen slaan.
Die enigste voordeel van die droogte is dat die jong mammas vir hulle babas poeiermelk voer. Nou hoef hulle nie die doeke te was nie... hulle stof net die babas af.
Bid asseblief vir reen.
Groete
Jou verlangende seun.

NS: Verskoon die speld wat die posseel vashou maar ek wou nie vogtigheid mors deur die seel te lek nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Jy maak hierdie tannie se dag    :toothy4: :book1: :notworthy:

PM

Dankie Naas, ek het dit baie geniet.  Ek weet net nie wat het van my vorige plasing geword nie, die skape het dit dalk ook opgevreet.  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Gelukkig is diedroogte darem nou so bietjie gebreek.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

"Gelukkig is diedroogte darem nou so bietjie gebreek."

Dankie Vader!  :icon_cheers:

Ek het so jammer gevoel vir die arme padda.
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Oe aardetjie, julle praat van droogte. Ek bekyk my plastiek geskenk-plante van ons Amerikaanse kids vandag so en ek twyfel of hulle hierdie jaar se droogte gaan oorleef. Lyk elke dag meer en meer verlep. Mind you, dalk tyd dat ek die stof met 'n klam lappie probeer afkry - sal dalk net help :icon_biggrin:  :dontknow:

Naas

Ons voer ons plastiekplante uit as strooitjies.



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het ook van daai present gekry en was dit met seepwater in die wasbak.  Spoel af en siedaar, "splinternuut". 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hulle kort net water (en seep) - droogte (en stof) maak hulle dof ne  :toothy4:


Naas

'n Oulap se plastiek maak die aarde siek.
Hier by ons sien sommige winkels nou eindelik die lig en beweeg terug na papier strooitjies en sakke.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ons moet nou sakke winkels toe neem wat hergebruikbaar is. Dit nogals 'n storie want ek vergeet aanmekaar om die sakke te laai. Maar dit is hoogtyd dat ons besef hoe mens die aarde en oseane besoedel met plastiek. Moet se die sakke wat net naastenby lyk of hy iets anders mee gemaak kan word as net voorraad huistoe bring, beland maklik in my craft-kas!

Naas

Ek hergebruik ook sover moontlik maar plastiek se einde bly maar die rommelhoop...  :dontknow:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.