Ons kuier vir 'n paar dae by Fam op Wilderness en Plett, het netnou net terug gekeer.
My jonger boet is verlede jaar Augustus dood aan longkanker. Baie agressiewe kanker wat longe en vlees rondom weggevreet het. Binne net 6 maande vanaf diagnose gemaak is tot by sy dood en nie eens chemo kon keer nie.
Marius is veras en ons hou 'n verassings-diens by 'n ouer broer op Plett se huis en so baie mense daag op. Nog 'n jonger broer doen die diens en die jongste doen die bedankings. Ek skryf ietsie en lees dit voor. Sy as word in 'n kissie op my Pa se graf gesit.
Met Mamma wat 92jr oud is en weer in Gauteng en Limpopo gaan kuier vanaf April, besluit ek om haar na die graf te neem. Ons pluk 'n arm vol wit mini-proteas op oudste boet se plek in Wilderness en sit die op die graf.
Was 'n baie emosionele dag.