• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil nie vir jou blomme bring

Started by adele, May 19, 2013, 01:20:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek wil nie vir jou blomme bring
om jou koue kliniese
hospitaalkamer te tooi
of in skok met trane
my omgee opdiep
en my hartseer
selfverwyt
oor verlore kuierkanse
wegspoel nie.

Ek wil elke dag aangryp
om die plooitjies
onder jou pyngevulde oë
en jou verlange
na ons samesyn
en vreugde
met liefde te vul.

Vergewe my as ek wou,
keer my as ek
op 'n selfsugdag,
vriende se eise
eerste wil stel,
want hoe gaan ek
my hartshunkering
se hoekomvrae antwoord,
sou ek eendag
selfs oor dekades van nou,
besef dat my onthoumandjie
gevul met jou vrede
en liefde
leeg na my staar?

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Sjoe, jy weet hoe om met woorde te toor.  Pragtig geskryf vriendin. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lesend oor 'n gas se skouer ontdek ek hier woordskat vanmiddag. Vou jou toe met omgee en verstaan mater!

adele

Dannnkie lief vriendin, ja, dit was maar seer daardie tyd veral met mense wat vreeslik voorgee ... maar ek kon kop omhoog aanstap deur al die moerasse heen en onder die modder wat mense oor jou uitgooi ... en ongelooflikste van als, dat ek nou opgetel en gedra word deur sterk arms en weerliefde.
adéle  :grommit:

PM

Daardie "weerliefde" klink vir my baie belowend.  Is dit wat ek dink dit is matertjie?
Om te weet is om te verstaan.