• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verflenterde Karoo-klong

Started by Naas, October 29, 2013, 09:59:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Draadstuurwiel in die hand
naelstring hom aan sy draadkar vas.
Sy kaalvoettone en skurwe hakies
skop wolkies stof uit die aspad op.
Tanne wat mieliepit-gelid glimlag
tussen sy gebarste lippe,
waai hy met die los hand
die blink waens by hom verby
om agter hul stofwolk te verdwyn.

Maar as die stof gaan lê
hol hy nog onverstoord voort
agter sy naelstring-draadkar
waarvan die visblikwieletjies
dronk-dwarrel en tjier-tjier.
Ongebonde, ontspanne hardloop hy.
Vodde hemp wapper soos presidentsvlag agterna
as hy sy eie spore deur die land se paaie maak.

Verflenterde Karoo-klong,
met jou skurwe sandsool voete,
jy trap stofwolkies deur my wereld.
Met jou draadkarwiele
los jy dwarrel spore deur my hart.
Swaarkry is jou speelgrond,
sukkel jou leerskool.
Kom leer vir my
in my oorvloed
so glimlaggend gelukkig
soos jy te bly.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Pragtig Naas!  Jy teken prentjies!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

#3
Naas, ek het gedink een van jou k's van hakkies het gaan visvang.   :icon_biggrin:  Ek raadpleeg toe die woordeboek en sien dat hakies net met een k gespel word.  Skuus. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

yes I see the dusty road and the odd stringy chicken, also running along next to your karoo-klong. I hear the sound his car's wheels make on the road, which by the way disappears in the distance. It is sad and it's sweet and I see it complete . . . and I love it.

Naas

Hoeveel keer het die vreugde in armoede van onskuldige kinders my nie al tot stilstand geruk nie.
As jy niks het nie het jy soveel om voor dankbaar te wees.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek lees weer en ek sluk swaar. Wens daar was 'n kursus om goeie kommentaar te lewer wat oordra, wat my woorde nie kan nie!

Naas

"Op my ou ramkie met nog net een snaar,
speel ek in die maanskyn deurmekaar..."

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Op my ou ramkiekie met nog net een snaar
speel ek in die maanskyn deurmekaar

As die maan my aanhoor en die sterre knik
dan speel ek kordaat voort in my skik

Wat gee ek om mense wat sê ek's mal
as die varings my aanhoor by die wal?

Wat om my vrinde wat nooit nie verstaan
as die sterre my toeknik en die maan?

Op my ou ramkiekie met nog net een snaar
speel ek in die maanskyn deurmekaar

Christian Frederik Louis Leipoldt,

:mumum:

PM

Kosbaar. 


Kom leer vir my in my oorvloed so glimlaggend gelukkig soos jy te bly.
Om te weet is om te verstaan.