• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Laatmiddag!

Started by adele, June 23, 2018, 01:26:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Laatmiddag sit ons op 'n klip
en lag vir kiewiete wat so wip.
Helderblou is die lug daarbo
wat ons weer wys om in God te glo.

Agter die son verbleek die blou
en die skilderdoek word oopgevou,
dan verf Hy dit liggrys, ja wintervaal
as agtergrond vir 'n mooi verhaal.

Versigtig word die kwas gekeur
om wit en geel deur die lug te skeur.
Skuins hale spat Hy ongeërg
om dit later deur sterre te verberg.

Die horison raak weg en die kleure vou,
as die Kunstenaar die geel verdiep na goud.
Dan besluit Hy om die doek hier op te rol
want anderkant die berg is daar 'n kol
wat Hy wil verf en helder kleur
om die natuur in sy dagbreekslaap te steur.

©adéle
adéle  :grommit: