• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Raad vir vratte

Started by Meraai vannie Baai, April 11, 2013, 12:49:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

PM: Wat het julle al gehoor help teen vratte?

Ek het gehoor van iemand wat sê 'n stukkie disprin bo-op die frat met 'n pleistertjie toegeplak het sommer binne twee dae gewerk om die vrat te verwyder.

Jellie het baie vitamines in en alhoewel dit sekerlik 'n baie langer proses is, kan ek getuig van goeie resultate.
Daar was mos 'n storie oor die maan en fratte.  Wie van julle onthou dit?

AB: ja die ouer geslag mense het geglo jy blaas die vratjie weg maan toe. Daar was ook iets van jy tel hoeveel vratte jy het en dan kry jy iets, kan nie onthou of dit stukkies aartappels of wat was nie, dan vryf jy een stukkie op elke vrat en dan gaan jy buite toe en stap vorentoe en gooi die aartappel stukkies oor jou skouer agtertoe en jy stap net aan vorentoe en dan gaan vratjies weg. as iemand agter jou van die aartappelstukke vang kry hy/sy soveel vratjies soos die getal wat hy gevang het.

Meraai: Ek dink die plaas van pleister oor 'n vrat laat dit 'versmoor'. Dit werk ook as jy die vrat toesmeer met naellak en pleister daaroor plaas.


Meraai vannie Baai

Oumagroot het geglo jy kan dit verkoop lol. Weet daar was ook 'n stukkie vleis betrokke wat jy dan gaan begrawe en as jy weer sien is vrat se kind weg. Ek altyd gewonder of dit nou saam die vleis in die gaatjie sou wees?

Naas

My oupa aan my pa se kant het altyd gekla omdat ouma haar vratjies met sy beltsander afgeskuur het. Hy se die belde is duur.
Hulle beweer jy kry vratte as jy paddas en paddavissies vang. Miskien het my ma die storie opgemaak om ons uit die sloot langs die rugbyveld te hou. Die dokter het sulke goed oor die vratte gesmeer wat hulle swart gekleur het. Die idee was dat hulle dan sou uitdroog en afval. Maar nie myne nie. ek onthou dat ek een op my hand gehad het wat net nie wou kleiner word nie. Een dag toe vererre ek my vir die gebroedsel, gryp hom met my tande vas en ruk hom met wortel en tak uit. Dit was ffffvreeslik seer so ek beveel dit nie aan nie maar die vrat het nog nie die guts gehad om terug te groei nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Sjieee! Jy nie van hier Naas - djy's gastuur my brawe maat  :headbang: Ek sou ook nie wou terug nie.

PM

Ja dat kan werk! Roei die ding met wortel en tak uit!   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.