• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sou die savanna my wil vertel

Started by adele, February 26, 2018, 08:22:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Sou die savanna
my wil vertel
van daardie nag
se vlammehel,
kan ek net luister ...
ook engele weet
God sal sy skepping
nooit nie vergeet

Dit was reeds donker
met ligte wind
toe mensehand
die plaasgrens vind
verstandloos bedwelm
ondeurdag sy dade
slegs 'n sieklike grynslag
oor die wye skade
vind vroeë dagbreek
net stoppels gras
die weiding verbrand
tot gitswart as
woedend spel oorheers
in elke boerehart
wild en vee se lyding
bring diep intense smart

Vier maande later
het dit alweer gereën
wei bok en bees
oor die geil veld heen,
laat wind die gras buig
en vloeiend wieg
kniel ons neer
om voor Hom te bieg
ons emosies wipplank
heen en weer
gedagtig aan die belofte
van die Heer
wat Hy vir ewig
met ons bind
sal ons ook - vir jou -
vergifnis vind
©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Pragtig verwoord mater. Die beelde met jou ABC geskilder, alte bekend hier in onse land van Bloekoms ook  :crybaby2:

PM

Om te weet is om te verstaan.