• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vrot diens of geen diens?

Started by PM, February 02, 2018, 11:46:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons wil geld oorsee stuur.  Ons was nou al by drie FNB takke en nie een kan of wil ons help nie.
Ons wil net weet hoeveel gaan die transaksie kos.  As die bedrag meer as R25 000 is weet niemand nie.
Hannes is nou Centurion toe, dalk kom hy nou reg.

Dit is werklik 'n pyn in die nek en op 'n paar ander plekke ook, om diens in hierdie land te kry.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Simpatie mater. Ons het moed opgegee om enige iets Suid Afrika toe te stuur. Dit kom net nie by die bestemming uit nie  :crybaby2: ek het nie geweet dat die banke se diens nou net so swak is as die poskantoor nie. Om van hieraf geld oor te plaas na SA, kos ook al 'n arm en 'n been.

PM

#2
As ons 'n pakkie wil stuur maak ons maar gebruik van 'n koerier, anders moet jy maar jou pakkie 'n soentjie en 'n drukkie gee, 'n laaste kus, laaste sien van die blikkantien.
Om te weet is om te verstaan.