Dankie, Meraai, net iemand wat daardeur is sal begrip hĂȘ. Ek het vanoggend die woorde kom herbesoek, want ek reken dis dalk bietjie kras gestel, en veral die sweepslag na ou ander helfte. Maar ek en my seun is die enigste twee wat hierdeur wakker geskud is na die tyd. Ek weet nie of dit geloof, dom astrantheid is of net soos ek genoem het, slapgatgeit is nie. My ou wederhalf gaan steeds voort op sy ou manier. Sluit nie 'n deur agter sy stere nie. Sal nooit gaan seker maak nie. Neem aan geluide is maar die katte ens. En lag in sy mou vir my wat 'paranoid' is.
Voor die rooftog het ek twee maal in die oggend wakker geword met ons skuifdeur en trelidoors net toegetrek en nie op knip nie in die oggend vroeg as ek die katte laat uitgaan. Groot gevegte daaroor gehad. Die nag wat ek wakker word met ta wat met die pistool oor my buk, was dit 'n koue beklemmende gevoel, en die volgende gedagte was: 'Daar het jy dit! Die deur was seker weer nie gesluit nie.' Ek maak nog altyd seker voor ek gaan slaap dat die deure gesluit is, maar soms staan hy op in die nag en gaan rook buite. En sluit dan nie weer nie. Ek was oortuig dis dit. En het in my diep binneste hom vervloek in daardie sekondes van vrees.
GELUKKIG was dit nie die geval nie, en het hulle deur die kombuis venster se binneruit wat hul uitgehaal het, waar op daardie stadium nie diefwering was nie, ingekom. Anders dink ek die ding sou vir ewig 'n wig tussen ons twee kon bring. Die feit veral dat my kroonprins (my seun) geskiet was.
Maar die feit dat ek moet lig slaap, nie net omdat ek die 'alarmstelsel' in die huis is nie, maar ook omdat ek die een moet wees wat te alle tye moet luister of iemand hier die deure oopsluit, en of dit weer toegesluit word, is besig om my op die randjie te laat oorstort die afgrond van vreeslike lelike baklei in. En veral die feit dat ek gemaak voel word ek is 'n nutcase!