• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Liefde anderkant die spruit

Started by adele, February 04, 2018, 10:09:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek kyk oor die spruit
die diepte is nie baie nie
deur die helder water
blink die bodem
weerkaats die son
se boodskap na my
ek lees jou gedagtes
tussen die klippe
voel die roep vanuit
jou hart se binnekant

wanneer natuur
se skoonheid uitbars
in blommevreugde
en voëlgesang
hoor ek jou asem
teen my hare
gee jou hande se warmte
lewe in my vingers
raak ons woorde sag
voer jou liefde my stilweg mee


©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Daar is werklik niks soos ware liefde. Dit is my beskore om hierdie liefde in sy volmaaktheid, daagliks vir die afgelope 38 jaar te ervaar. Dankie vir die deel van hierdie pragbydrae van jou lief Adele.

PM

Hoe wonderlik vriendin.  Pragtig en gevoelvol geskryf.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit: