• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Volstruisnekpotjie

Started by PM, December 29, 2015, 01:26:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Jy benodig:

1 Kg Volstruisnek
4 Varktjoppies met vet aan
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny of gelyke hoeveelheid klein aartappeltjies met skil aan
2 Wortels in ringe gesny
2 Blokkies afteksel in 'n koppie water
Swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
'n Halawe teelepel neutmuskaat  (nutmeg)  (o gaats, dit moet 'n halwe wees) julle weet mos ek drink as ek kook.
5 Naeltjies
5 Huisies knoffel gekneus
3 Loerierblare

So maak mens:

Verhit olie in swaarboompot, braai uie en knoffel in die pot tot deurskynend en verwyderl uit pot. Braai die volstruisnekstukke en varktjoppies tot bruin.  Plaas in 'n drukkoker en stoom tot amper sag.  Plaas die vleis terug in die swaarboompot en voeg die res van die bestanddele by en kook tot gereed.   Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie.

Bedien met rys.
Om te weet is om te verstaan.

adele

mmmm .... mmmmm .... lippe-aflek  klink dit vir my  :hello2:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Sekondeer Adele se kommentaar  :toothy4: :notworthy:

Assie

Ek en Oupa would ook volstruisnekpot maak maar ons kry nie'n lang genoeg pot nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Assie! Vra oupa om 'n gat in die deksel te boor.  :toothy4: Dit is nie skade nie - nek het maar min vlees om die been  lol. Volstruise is juis hardnekkige dierasies.

Assie

#5
Sal so maak Ta Raatjie. Ons ken nie eintlik Moslemmense nie nou wonder ek net waar kry mens halawe neutmuskaat. Ons het sommer gewone neutmuskaat gebruik.
(HELP!!! Die uie en knoffel braai al heel nag maar die pot Willie deurskynend raai nie.)
Miskien is dit omlat ek so bietjie sukkel met die kos maak dat die mansmense so sukkel met die kuiery.

:mumum:

Assie

#6
O ja, Ta Raatjie, Oupa sê hy gaan nie 'n gat innie deksel boor nie, hy sê ek moet sommer die nek in stukke sny. Dis nogal slim nê.

:mumum:

adele

  :toothy4:    :toothy4:     :toothy4:     :toothy4:     :toothy4:
                       assie ...     :love7:
adéle  :grommit:

PM

Ha-ha, lag ek vir myself.  Toe ek die resep sien, klap daai halawe my teen die bors.   :sign10:  Gaan kyk maar, ek het dit reg gemaak met 'n komtaartjie by.  Assie, as jy dit nou met moslemmense assosieer dink ek jy is nogal baie skerp hoor.  Moenie lat iemand jou anders vertel nie.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.