Ja jitte, dit is nie 'n grap om op Leeupoort te bly wanneer dit vakansietyd is nie. Dit is asof die besoekers die internet dood trek. Ons kry net so nou en dan 'n kort opvangsie. Julle moet maar vergewe, dit is nie dat ek nie wil kuier nie. Al die tyd wonder ek wat gaan hier aan.
Die kinders (dit is nou die besoekers en al die oumas en oupas se kinders) geniet die grondpaaie met die fietse en lag en skater.
Die bos het lewe. Hierdie tyd van die jaar het alles babatjies en ons geniet hulle. Wens net hier was meer van my matertjies om dit saam met ons te waardeer.
Daar is niks lekkerder as 'n vuurtjie met 'n vleisie en 'n potbroodjie nie. Laat slaap en 'n vinnige swempie by die swembad.
Ag man, ek mis julle.