Sjoe, nie veel nie. Sal 'n paar noem.
Hoender gebraai in die oond tot bruin en krakerig, beesstert, skaaptjoppies met mash, spek, daai ou daar in Brackenfell se wors, tjops op die kole, Thai hoender, kerrie blokkiesvleis, lekker degie-vis, calamari steaks en ringe gerooster en gebak, oond-groente gemaak met olyfolie en baie herbs, pastas kan jy maar opskep met lekker dik, stewige souse en baie kase, pizza met ekstra trekkaas, nog groente, papat so soet soos stroop met lemoenskil in, pampoen, groenboontjies met aartappel en spek en baie peper en room ingeroer, brode, alle vorms en smake en kulture s'n, baie botter, kaas, vye jam, poedings wat gemmer is, roomys, soppe van Woelies se rakke af....
Is hier nog plek vir die res?
You get the picture? Nou moenie vra hoekom my jeans alweer 'n zip moet kry nie.
Ek lief kos. Daar is net 'n paar dinge wat ek nie eet nie: slakke, knoffel, Afrika-vleis ens ens ens,