• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

In ‘n herbergstal

Started by adele, December 25, 2016, 08:19:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

In 'n herbergstal

Nie vir homself nie,
het Josef die herbergier gevra,
maar vir sy swanger Maria,
sy kon nie verder dra ...
die pad was lank,
hul watersakke droog.
Die man het sy kop geskud,
miskien... as hul die stalvloer vee,
kon sy daar aan haar Kind geboorte gee.
Het trane op haar wang geblink?

Dankbaar het sy met komberse
'n bed laat vou oor hope strooi,
toe moeitevol neergekniel
en geloof, hul HemelHeer!
Eers in die donker was als verby ...
het Josef die Kindjie in 'n krip laat bly,
maar oor vlaktes wyd het engelesang
aan almal van die Wonder vertel.


©adéle theron
adéle  :grommit:

Marinda Kemp

Kry eintlik hoendervleis. Baie  mooi  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

PM

'n Eeu ou storie nuut en mooi geskryf Adele. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek kom ook eerbiedig my dank betuig vir die deel. Lief hoe jy "HemelHeer" geskep en gebruik het!

adele

   :love7:  dankie Raaitjie, ek koester jou kuiertjies xx
adéle  :grommit: