• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

kronkels van my lewe

Started by adele, January 12, 2017, 08:27:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Langs kronkels van my lewe
het ek skuinspad afgedraai
lank verwaai in doringveld en
sonder kompaskoers verdwaal

geen terugkeer
kon weer rigting gee
toe maar anderkant se kaalte
'n pondokkie op die sand gebou.

Maar toe die wind weer draai
het stortreën alles weggewas
en skaam het die son gaan sak

alleen het ek op 'n rots gaan sit
sterre getel en gewonder
of ek een wat verskiet kon pluk
toe, vanuit die swart
'n wens diep in my hart in pyl.

Christus het my hand kom vat
en om die skeure in my hart
saad van 'n jasmyn geplant

van die geurige heiningblomme
het Hy blomolie uitgepars
my siel daarmee getroos
en my tot sy dissipel gesalf


©adéle theron
adéle  :grommit: