• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaashuis langs Marico Rivier

Started by Ans Botha, November 16, 2015, 11:46:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

my oë tuur geskok oor die bouval
voor my lê ons groot ou plaashuis
net mure stene en sand
wat die wêreld rond lê

hier waar ek gevorm is
waar ek sorgeloos kon speel
weg kon dwaal na die Marico rivier
om ure daar te verwyl

of sommer net op my rug
saans op die gras te kon lê
die sterre probeer tel
na die naggeluide kon luister

hier waar ek nog die stilte kon hoor praat met my
die windjie deur my hare kon voel speel
in goeie jare se reën seisoene
die Marico rivier kon hoor roep na my

nou het daar net 'n murasie oorgebly
geen groen gras om my op neer te vlei nie
al wat oorgebly het
is die oneindige stilte

©ANS BOTHA

PM

Baie emosioneel geskryf Ans.  Ek lief daardie tweede ontkenningswoordjie wat jy so mooi toepas. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM ek waardeer jou insette in my gedigte baie meer as wat jy dink

Assie

Die wereld daar langs die Groot Mariko Met sy Pragtige donderstorms sal ook altyd naby aan my en Oupa bly. Die Murasies van ons verlede word so mooi deur Antie Ans verwoord. Ek verlang nou ver terug.
Oupa se altyd "Waar die fondasies in die hart gegooi is sal kastele nooit vergaan nie."
Dankie Antie Ans.


:mumum:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek stem saam met julle, dit is pragtig verwoord. Wat my veral opval is hoe puik die afwesigheid van enige leestekens, hierdie gedig se rugstut vorm! Gedagtes wat eindeloos vloei....

Ans Botha

Dankie Meraai ek waardeer werklik jou kommentaar, dit beteken vir my baie.

Ans Botha

Dankie Assie ek waardeer dit opreg. Dit voel goed as 'n mens weet jy tref met jou woorde iemand se gedagtes.