• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

stilte en musiek

Started by adele, August 15, 2016, 07:39:10 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

http://didgeproject.com/therapeutics/doctors-now-prescribing-music-for-heart-ailments-brain-dysfunction-learning-disabilities-depression-ptsd-alzheimers-and-more/

ek het nog altyd gewonder hoekom ek nie sonder musiek kan lewe nie .... nou sien ek die medici het my gedagtes te boek gestel ...  :toothy4:  sonder musiek was ek lankal in 'n put waaruit ek nie sou kon klim nie.

Maar deesdae luister ek baie minder musiek. HOEKOM? ek bly in die veld, ek luister met my hart na die stilte, na die kiewiete en die fisante en die wind.
Ek moet eerstens erken dat ek begin bang raak het hierso in die alleenheid en moes luister na my honde om te weet of iemand by die hek aankom ... en so het ek eers agtergekom om verder te luister na stilte-simfonieë.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

So pragtig gestel! Musiek is onafskeidbaar deel van my lewensbestaan. Die simfonie van Moeder Natuur nog 'n liefde wat ons twee deel!

Trapsoetjie

Adele, jy is regtig bevoorreg om die meester se sinfonie te luister. Ek smag so daarna. Ek sit hier en luister 'n radio stasie FMR, kan nou nie so vinnig onthou waarvoor die F staan nie. Maar hulle speel net klassieke muziek. Gee rustigheid aan 'n baie negatiewe siel.


adele

Ek wens ons het so iets inni Vrystaat om in die motor te kon luister ... inni ou Transvaal is Classic FM ... ek luister dit darem desedae op DStv, maar het dit nou eers bietjie afgebreek want TWR kry nou voorkeur. Ons lewe sou maar saai gewees het sonder musiek ... ek bedoel nou regte egte goeie musiek   :toothy4: 
adéle  :grommit: