• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oeee... die ouderdom rotte byt-byt...

Started by Angelica, April 28, 2013, 07:18:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

...aan my hakskene!!!
Ek is baie gesteld op spelling.  Deesdae spel ek al meer en meer verkeerd.
Iemand enige brand rottegif wat ek in my skoene kan strooi??
elle

PM

Dalk is jou hardeskyf net 'n bietjie vol, dit gebeur as mens ouer word.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek dink my hardeskyf is heeltemal geformat. :icon_scratch:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

LOL... dan is my hardeskyf erg vol. 
Ek spel nie net verkeerd nie, ek skryf soms ook nie die laaste letter van die woord nie.

elle

PM

Dit is nie omdat jy nie kan spel nie   :icon_biggrin:  dit is omdat jy vergeet het jy tik nog en te gou opgestaan het.   :icon_biggrin:
Welkom hier tussen die oues van dae. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lees weer al te lekker, ongenooid, saam 'n naamlose gas  :toothy4: Dit laat my nou terugdink toe Meisiekind se oudste (toe omtrent so vier) vir my se hy soek 'n nuwe hardeskyf vir sy brein toe die verkoue hom erg geknou het lol.

PM

Kon jy al die rotte uitroei Elle. 

Jy kan mos nooit ongenooid wees nie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.