Brannewyn is bo.
So word jy geidentifiseer as jy per ongeluk in n gat trap op n party voor al die gaste.
Die Vodka drinker.
Dit is die ou wat in die gat trap neerslaan en opspring met sy glas in die hand en n paar funny moves met sy bene maak om almal te wys hys nog ok.
Die Whiskey drinker:
Dit is die persoon wat in die gat trap netjies opstaan sy hemp in sy broek steek en vir sy vriende vra."wat het nou gebeur".
Die Rum drinker:
Dit is die ou wat neerslaan,opstaan en sy valstande terugsit in sy mond met gras en al sy vriende skud hom af en dadelik stap en vir hom n nuwe dop te gaan haal.
Die bier drinker:
Dis die een wat neerslaan en histeries vir homself lê en lag op die gras dat sy vriende naderhand vir hom sê."Hou op die gaste kyk vir jou."
Die Wyn drinker:
Dis die een wat neerslaan en die gaste moet hom ophelp en vertroos en dan sit en huil en vra of die gat nie seergekry het nie.
Die Brandewyn drinker:
Dis die een wat in die gat trap neerval en dan opstaan.Dan moet sy vriende hom keer want hy wil die gat bliksem.
Die koffie drinker:
Dis die een wat stil in die hoek sit en als bekyk en my al die stories kom vertel !