• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jy maak nie reg nie!

Started by PM, April 05, 2016, 02:29:56 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Die laaste paar maande het ek en manlief baie staat gemaak op ons oudste se bystand.  Vandag het ek werklik vir die eerste keer besef dat dit nie regverdig is nie. 
Grapsgewys het ek altyd gesĂȘ ek het mos swaar grootgemaak, maar in werklikheid skuld my kinders my niks.
Dit wat hulle doen om te help kom uit hulle harte uit, maar waardeer ons as ouers hulle genoeg?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Diepe nadenke na ek jou plasing gelees het en gaan dadelik vir ons drie laat weet hoe ons hulle liefde, hulp en net daar wees waardeer!

PM

'n Mens raak soms so vasgevang in jou eie probleme dat jy nie let op hoeveel probleme jy eintlik vir die volgende ou skep nie. 
Hoekom is dit dat 'n mens soms "in jou slaap" loop.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Menslik kan ons pleit as versagtende omstandighede  :notworthy:

PM

Ja ek is seker ons kan.  Ons is mos nou oud en die -dom, die ouderdom, verskoon baie dinge. 
Om te weet is om te verstaan.